Uitblinker


Aktiwiteits-
boek

Basiese Vereistes

  1. Verantwoordelikheid
    Sê die Voorslaggiewet op en aanvaar dit.
  2. Versterking
    Verdien die Uitblinker Leessertifikaat.

My God

  1. Sy Plan om My te Red.
    1. Maak ’n verhaalkaart of boekie wat die volgende uitbeeld:
      • Jesus se geboorte
      • Jesus se lewe
      • Jesus se dood
      • Jesus se opstanding
        OF die Bybelverhale wat jy by die skool of Sabbatskool studeer.
    2. Gebruik jou verhaalkaart of boekie om vir iemand die vreugde te wys om deur Jesus gered te wees.
  2. Sy Boodskap aan My
    1. Memoriseer en verduidelik twee Bybeltekste wat sê dat Jesus ons red.
      • Matteus 22:37-39
      • 1 Johannes 1:9
      •  Jesaja 1:18
      •  Romeine 6:23
      •  Jou keuse
    2. Noem die twee hoofdele van die Bybel en die vier evangelies.
  3. Sy Krag in My Lewe
    1. Bestee gereelde stiltetyd met Jesus om met Hom te praat en van Hom te leer.
    2. Vra drie mense waarom hulle die Bybel bestudeer.

My Self

  1. Ek Is Spesiaal
    Maak ‘n buitelyn van jouself. Versier dit met prente en woorde wat goeie dinge oor jouself oordra.
  2. Ek Kan Wyse Besluite Neem
    Speel die “Wat-as?” speletjie.
  3. Ek Kan vir My Liggaam Sorg
    Verwerf die Fiksheidsgenot Voorslaggie Toekenning.

My Gesin

  1. Ek Het ’n Gesin
    Vra lede van jou gesin om sommige van hulle gunsteling herinneringe te vertel.
  2. Gesinne Gee vir Mekaar Om
    1. Wys hoe Jesus jou kan help om meningsverskille te hanteer. Gebruik:
      • Handpoppe
      •  Rolspel
      •  Jou keuse
    2. Rolspeel drie maniere waarop jy jou gesin kan eer.
  3. My Gesin Help My om Myself te Versorg
    Voltooi een van die vereistes van die Padveiligheid Voorslaggie Toekenning.

My Wêreld

  1. Die Wêreld van Vriende
    Voltooi vereistes #1en #6 van die Hoflikheid Voorslaggie Toekenning.
  2. Die Wêreld van Ander Mense
    1. Verken jou omgewing. Maak ’n lys van goeie dinge en dinge wat jy kan help verbeter.
    2. Kies metodes uit jou lys en bestee tyd om jou omgewing te verbeter.
  3. Die Wêreld van die Natuur
    Verwerf ’n Vriend van die Natuur Voorslaggie Toekenning.