Helpende Hand


Aktiwiteits-
boek

Basiese Vereistes

  1. Verantwoordelikheid
    1. Sê die Voorslaggie-gelofte en wet op.
    2. Verduidelik die Wet.
  2. Versterking
    Verwerf die Helpende Hand Leessertifikaat.

My God

  1. Sy Plan om My te Red.
    1. Maak ‘n verhaalkaart of boekie wat die volgorde wys waarin die volgende stories plaasvind:
      • Noag
      • Abraham
      • Moses
      • Dawid
      • Daniël
        OF die Bybelverhale wat jy by die skool of Sabbatskool studeer.
    2. Gebruik jou verhaalkaart of boekie om vir iemand te wys hoe om vir Jesus te lewe.
  2. Sy Boodskap aan My
    Verwerf die Bybel II Voorslaggie Toekenning.
  3. Sy Krag in My Lewe
    1. Bring gereeld stille oomblikke met Jesus deur om met Hom te gesels en van Hom te leer.
    2. Met behulp van ‘n volwassene, kies een area in jou lewe wat Jesus belowe het om jou te help verbeter. Met Sy hulp, bid, beplan en werk om daardie doel te bereik.

My Self

  1. Ek Is Uniek
    1. Stel ‘n lysie op van ‘n paar belangstellings en vaardighede wat God aan jou gegee het.
    2. Deel jou talente met ander deur een van die volgende te gebruik:
      * Talentvertoning
      * Wys en vertel
      * Verwerf ‘n Voorslaggie Toekenning
  2. Ek Kan Wyse Besluite Neem
    1. Leer die stappe in verband met goeie besluitneming.
    2. Gebruik dit om twee probleme in die werklike lewe op te los.
  3. Ek Kan vir My Liggaam Sorg
    Verwerf die Higiëne Voorslaggie Toekenning.

My Gesin

  1. Ek Het ’n Gesin
    Maak ‘n gesin-vlag of banier OF versamel stories of foto’s oor jou familiegeskiedenis.
  2. Gesinne Gee vir Mekaar Om
    Help met die beplanning van ‘n familiegodsdiens-oefening, gesinsaand of familie uitstappie.
  3. My Gesin Help My om Myself te Versorg
    Verwerf ‘n Voorslaggie Toekenning wat jy nog nie tevore verwerf het nie, in een van die volgende areas:
    *  Finansies
    *  Veiligheid
    *  Binnenshuise Vaardighede
    *  Buitelug Vaardighede

My Wêreld

  1. Die Wêreld van Vriende
    Verwerf die Voorslaggie Toekenning vir ‘n Vriend wat Omgee.
  2. Die Wêreld van Ander Mense
    Kies ‘n wêreldkultuur om te bestudeer. Vind ‘n manier om die liefde van Jesus te deel met daardie kultuur.
  3. Die Wêreld van die Natuur
    Verwerf die Omgewingsbewustheid Voorslaggie Toekenning.