Hierdie vorm is om jou keuses vir die honneurs by die kamporee te maak. Soos die gebruik by alle konferensie kamporeë sal daar ‘n koste per honneur wees. Die koste is beperk tot die minimum deur ‘n subsidie vanaf die Afrikaanse Federasie om dit so koste effektief as moontlik per kind te maak.
Let asseblief op dat keuse 1-5 nie noodwendig die hoeveelheid honneurs is wat die Baanbreker sal kan doen nie, maar slegs ‘n rang orde van die honneurs wat die Baanbreker WIL doen. Prakties sal daar slegs ‘n maksimum van 2-3 honneurs (afhangende van die keuses) gedoen word per Baanbreker by die kamporee.
As almal se honneur keuses ontvang is, sal daar gekyk word na wat prakties moontlik is om vir die Baanbreker en so na as moontlik aan die lys gepoog word; bv. as almal op die kamp kies om honneur X te doen, gaan dit onmoontlik wees om honneur X vir almal aan te bied. Gevolglik sal die Baanbreker geskuif word na ander honneurs op hulle ranglys. Sodoende sal ‘n balans handhaaf word tussen die aantal aanbieders en moontlike plekke per honneur, ens.
Ons vertrou dit is duidelik en assisteer u in die keuse van die honneurs hieronder.
Sekere honneurs benodig bykomstige items wat die Baanbreker sal moet saambring om dit te kan voltooi. Die lys volg hier:
- Digitale Fotografie – Baanbreker moet sy eie kamera en skootrekenaar saambring
Die geld vir die honneurs kan by dieselfde rekening inbetaal word as wat julle vir die kamp inbetaal het. Gebruik asseblief ‘n duidelike verwysing vir die kamporee en stuur asseblief die bewys van betaling vir jou klubdirekteur.