Perdeboerdery

             Hardware-Printer-Floppy-icon-small
Vereistes

Kategorie:
Boerdery
Vlak: Vlak 1
Jaar Ingestel: 1944
Itemnommer: YOU5720
Oorsprong: Wêreldkonferensie

Vereistes

  1. Watter twee soorte boerdery kan met die aanskaf van spesiaal uitgesoekte merries bedryf word?
  2. Waarom is dit wensliker om volbloedvullens eerder as die gewone klas te teel?
  3. Noem ten minste vyf dinge waarop ‘n mens moet let by die koop van ‘n goeie perd.
  4. Hoe leer ‘n mens vullens om mak, betroubare perde te word?
  5. Beskryf die behoorlike versorging en voeding van perde.
  6. Ken die dele van die halter, toom en saal.
  7. Weet hoe om ‘n halter, toom en saal op ‘n perd te sit.
  8. Weet hoe om ‘n perd se hoewe behoorlik te versorg.
  9. Versorg een of meer vullens of perde vir ten minste een week.

Back