(Bygevoeg op 30 Julie 2015)
Ons is nou ook op Facebook! Besoek en “like” gerus ons blad by https://www.facebook.com/AfrikaanseBaanbrekerFederasie om op hoogte te bly van al die opwindende gebeure in die Baanbreker en Voorslaggie wêreld.
Basiese Personeel Opleidingskursus – 20-22 Mei 2016
(Bygevoeg op 5 April 2016)
Die sluitingsdatum vir registrasies vir die BPO-kursus is uitgestel tot 30 April 2016. Indien daar nog mense is wat die kursus wil bywoon moet julle asb so gou moontlik julle vorms vir Adele stuur.
Uniform Wapens
(Bygevoeg op 3 Desember 2015)
Afrikaanse Voorslaggie- en Baanbrekerwapens vir die uniforms is nou by die Noordelike Konferensie Baanbrekerdepartement beskikbaar. Kontak Adele by ncyouthsec@sdachurch.co.za vir verdere inligting.
Basiese Personeel Opleidingskursus – Bereik die Wêreld
(Bygevoeg op 19 November 2015)
Die tweede BPO-kursus vir Afrikaanse klubs sal vanaf 20 – 22 Mei 2016 plaasvind by Leeuwspoor Wildreservaat naby Rustenburg. GPS koördinate: 25° 55’ 30.00”S 27° 16’ 33.93”E
Ons vra dat alle kursusgangers wat al uniforms het, dit asb. Sabbat sal aantrek. Onthou asb om julle eie beddegoed saam te bring! Alle etes word voorsien. Bring gerus julle klub- en kamporeespeldjies saam sodat ons kan “pin trading” doen.
NKSA Voorslaggiekamp 2016 – “Believe His Prophets”
(Bygevoeg op 19 November 2015)
Die 2016 NKSA Voorslaggiekamp (Engels) sal vanaf 13 – 15 Mei 2016 plaasvind by Sedaven. GPS koördinate: 26°31’16″S 28°17’54″E
Bespreek nou al en spaar.
NKSA Baanbrekerkamporee 2016 – “Believe His Prophets”
(Bygevoeg op 19 November 2015)
Die 2016 NKSA Baanbrekerkamporee (Engels) sal vanaf 3 – 9 Oktober 2016 plaasvind by Sedaven. GPS koördinate: 26°31’16″S 28°17’54″E
Bespreek nou al en spaar.