Rekordkaart Aktiwiteits-
dagboek
Persoonlike Groei
- Wees in Graad 9 of die ekwivalent daarvan.
- a. Ontwikkel jou gewyde lewe deur die Senior Weeklikse Bybelleesgids (weke 1 – 26) en die boek van Romeine te bestudeer deur middel van gedrukte of elektroniese bronne.
b. Teken jou gedagtes in ‘n joernaal aan deur hierdie vrae te vra: Jy kan dit skryf, teken of elektronies doen.- “Wat het ek oor God geleer?”
- “Wat het ek oor myself geleer?”
- “Hoe kan ek dit vandag op my lewe toepas?”
- “Wat in hierdie teks is vir my sinvol?”
- “Wat is die tema in die verse wat ek gelees het?”
- Memoriseer die AJ Strewe en Leuse.
- Illustreer die betekenis van die AJ Strewe op ’n interessante manier.
Geestelike Ontdekking
- Hersien die Bybelse redes vir die 28 Fundamentele Christelike Geloofsbeginsels van die Sewendedag-Adventistekerk.
- Memoriseer vyf Bybeltekste wat een van die 28 Geloofsbeginsels staaf.
- Berei en bied ’n Bybelstudie aan oor een van die 28 Geloofsbeginsels.
- Lees “The AY Story”.
Grenspionier (Gevorderd)
- Voltooi Pionier vereistes.
- Lees/luister na Die Meester se Onsterflike Rede of Die Gelykenisse van Christus.
- Bestudeer en bespreek twee van die volgende lewenskwessies met jou Pionier-groep en ’n volwassene:
- Tienerswangerskap
- Aborsie
- Vigs
- Homoseksualiteit
- Pornografie
Dien Andere
- Voltooi vereistes #1, #2 en #3 van die Identifiseer Gemeenskapsbehoeftes Honneur.
- Voltooi vereiste #4 van die Identifiseer Gemeenskapsbehoeftes Honneur.
Grenspionier (Gevorderd)
- Voltooi Pionier vereistes.
- Voltooi die Identifiseer Gemeenskapsbehoeftes Honneur, indien nie reeds verwerf nie.
Vriendskapontwikkeling
- Bespreek die behoeftes, beplan en neem deel aan ’n aktiwiteit vir liggaamlik gestremde individue.
- Voltooi vereistes #3, #5 en #6 van die Rentmeesterskap Honneur.
Grenspionier (Gevorderd)
- Voltooi Pionier vereistes.
- Voltooi die Rentmeesterskap Honneur, indien nie reeds verwerf nie.
Gesondheid en Fiksheid
- Voltooi die Fiksheid Honneur, indien nie reeds verwerf nie.
- Voltooi die KPR Honneur.
- Voltooi die Basiese Waterveiligheid OF Beginner Swem Honneur, indien nie reeds verwerf nie.
Grenspionier (Gevorderd)
- Voltooi Pionier vereistes.
- Neem deel aan ‘n leefstyl-fiksheidprogram vir jou ouderdom.
Natuurstudie
- a. Lees ’n boek of ten minste vier artikels oor Intelligente Ontwerp in die natuur.
b. Doen een van die volgende:- Hersien die verhaal van Nikodemus en verbind dit met die lewensiklus van die skoenlapper
- Teken ’n lewensiklus-grafiek van die ruspe wat die geestelike betekenis wys
- Kyk ’n video oor intelligente ontwerp en bespreek die geestelike betekenis.
- Huisplante/Skoenlappers
Groei ’n plant deur middel van hidroponiese beginsels.
OF
Identifiseer en skets, versamel of fotografeer tien skoenlapperspesies.
Grenspionier (Gevorderd)
- Voltooi Pionier vereistes.
- Veldkos/Omgewingsleer
Identifiseer, berei en eet tien spesies eetbare veldplante.
OF
Ondersoek en doen verslag oor ’n klein stroom. - Voltooi ‘n natuurstudie honneur op jou vaardigheidsvlak, wat jy nog nie verwerf het nie (Vlak 2 of 3).
Buiteluglewe
- Voltooi die Kampkokery en Vuurmaak Honneur.
Grenspionier (Gevorderd)
- Voltooi Pionier vereistes.
- Voltooi een van die volgende honneurs, wat jy nog nie verwerf het nie:
- Oriëntering
- Kampkuns
- Rugsakreis
- Winterkampering
- Stap
Honneurverryking
Grenspionier (Gevorderd)
- Voltooi een honneur op jou vaardigheidsvlak, wat jy nog nie verwerf het nie, in die kategorie van Kunsvlyt of Huisvlyt (Vlak 2 of 3).
- Voltooi een honneur op jou vaardigheidsvlak, wat jy nog nie verwerf het nie, in die kategorie van Ontspanning, Beroepe of Boerdery (Vlak 2 of 3).