Voorslaggies


Lidmaatskap
Registrasievorm

Meer as ‘n miljoen kinders regoor die wêreld het een van die mees pretbelaaide klubs wat ooit vir hulle geskep is, ontdek. Die Voorslaggieklub is ontwerp om ouer-kind verhoudings vir kinders in graad 1 tot 4 te versterk deur die verskaffing van gespesialiseerde weeklikse aktiwiteite wat ingestel is op die sielkundige behoeftes van hierdie ouderdomsgroep en terselfdertyd aan ouers geleenthede te bied om ouerskapsvaardighede te leer en spesiale aktiwiteite saam met hul kinders te geniet.

Leierskap

Die vrywillige leierskap woon spesiale opleidingsessies by om te verstaan ​​hoe om die grootste moontlike fokus van die Voorslaggieklub te plaas daarop om die ouer-kind bande te versterk en om beide ouers en kinders in staat te stel om hul verhouding met God te verstaan.

Aktiwiteite

Elke kind word aangemoedig om deel te neem aan alle aktiwiteite en ouers/voogde word opdragte gegee saam met hul kind. Daar is baie ouderdoms-uitdagende aktiwiteite op die Voorslaggie spyskaart. Dit wissel van speletjies en buitemuurse aktiwiteite tot natuurverkenning en familiekampe, ​​uitstappies en gemeenskapsdiensprojekte. ‘n Vyf-vlak ouderdomspesifieke kurrikulum word gebruik saam met ongeveer 80 gespesialiseerde toekennings in gebiede van kunsvlyt, natuur, ontspanning, geestelike ontwikkeling en huisvlyt.