Hart en Sirkulasie

             Hardware-Printer-Floppy-icon-small
Vereistes

Kategorie:
Gesondheid en Wetenskap
Vlak: Vlak 1
Jaar Ingestel: 2006
Itemnommer: YOU8298
Oorsprong: Noord-Amerikaanse Divisie

Vereistes

  1. Beskryf die basiese funksie van die volgende dele van die sirkulatoriese/bloedsomloopstelsel: hart, bloedvate, bloed en longe.
  2. Beskryf die grootste verskil tussen slagare en are. Wat is ‘n haarvat en wat is die funksie daarvan?
  3. Identifiseer twee plekke waar jy jou pols kan meet. Demonstreer jou vermoë om iemand se pols akkuraat te neem.
  4. Teken jou rustende polsslag aan, oefen dan hewiglik (m.a.w. draf, swem lengtes, klim trappe, ens.) vir 10 minute. Neem weer jou pols onmiddellik na die oefening, en dan weer na vyf minute. Doen dit elke dag vir een week en teken jou resultate op ‘n kaart of grafiek aan. Het die oefening jou hart se tempo beïnvloed?
  5. Maak ‘n eenvoudige stetoskoop en luister so na iemand se hartklop.
  6. Lys ten minste vyf dinge wat jy kan doen om jou hart gesond te hou. Doen hierdie dinge indien jy dit nie alreeds doen nie.
  7. Wat is cholesterol en hoe hou dit verband met arteriosklerose?
  8. Wat is ‘n hartaanval en wat is die simptome daarvan? Hoe kan KPR help?
  9. Wat is ‘n EKG en hoe word dit deur ‘n dokter gebruik?
  10. Vind vyf verse in die Bybel wat verwys na jou hart. Memoriseer twee van hulle.

Back