Herinner ons aan Christus: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” (Joh. 3:16)
“Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is.” (Rom. 12:1)
Drie sye
Volledigheid van die Drie-eenheid – Vader, Seun, Heilige Gees
Geestelik – Uitreiking en persoonlike geestelike ontwikkeling
Goud (Uitnemendheid)
“Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word.” (Open. 3:18)
Standaard van maatstaf. Die Baanbrekerklub het hoë standaarde om te help om ‘n sterk karakter vir die koninkryk van die hemel te bou.
Skild (Beskerming)
In die Bybel word God dikwels die skild van Sy volk genoem (Beskerming). “Vrees nie … Ek is vir jou ’n skild.” (Gen. 15:1)
“Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.” (Efe. 6:16)
Wit (Reinheid)
“Wie oorwin, sal beklee word met wit klere.” (Open. 3:5)
Ons begeer om die suiwerheid en geregtigheid van Christus se lewe in ons lewens te hê.
Blou (Lojaliteit)
Dit is die Baanbrekerklub se doel om te help om ons te leer om lojaal te wees teenoor:
Ons God in die hemel
Ons ouers
Ons kerk
Lojaliteit word gedefinieer as ‘n weerspieëling van die karakter van ons Ware Hoofrigter.
Swaard (Bybel)
Die swaard word in oorlogvoering gebruik. ʼn Oorlog word altyd gewen deur aan te val. Ons is in ‘n oorlog teen sonde, en ons wapen is die Woord van God.
Die swaard van die Gees is die Woord van God. (vergelyk Efe. 6:17)
Omgekeerde Driehoek
Die omgekeerde volgorde van belangrikheid wat Jesus geleer het, wat teenstrydig is met wat die wêreld leer.
Opoffering van jouself deur die behoeftes van andere bo jou eie te plaas.
Baanbrekerklub
Die Baanbrekerklub is een van die organisasies van die wêreldjeugbedieninge van die Sewendedag-Adventistekerk.