Kategorie: |
ADRA |
|
Vlak: | Vlak 1 | |
Jaar Ingestel: | 2009 | |
Itemnommer: | YOU7505 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
- Definieer gemeenskapsontwikkeling.
- Verduidelik aan jou instrukteur waarom sommige lande beskou word as “ontwikkelend” terwyl daar na ander verwys word as “ontwikkeld”.
- Noem vyf ontwikkelende lande en lys drie dinge wat ADRA doen in hierdie lande wat beskou kan word as “ontwikkeling” en twee dinge wat sou val onder “verligting”.
- Lees oor hoekom daar arm mense onder ons is in die boek Die Koning van die Eeue geskryf deur Ellen G White (Hoofstuk 70, “Die Geringstes van Hierdie Broeders van My”). Vertel van wat jy geleer het aan jou instrukteur.
- Vertel van ten minste een behoefte in jou gemeenskap wat aandag kort.
- Skryf ‘n kort gemeenskapsontwikkelingsplan wat jou Baanbrekersgroep kan implementeer (om bome te plant, parke of erwe skoon te maak, openbare mure te verf, ens.). Die plan behoort die aktiwiteit, grootte van die groep, vervoerreëlings, en materiale te bevat.
- Bestee ten minste vier ure met een van die volgende velduitstappies as ‘n deelnemende waarnemer:
- Neem deel aan ‘n groep wat die haweloses in jou gemeenskap help.
- Neem deel aan ‘n werkspan wat behuising vir armes regmaak of bou.
- Werk in ‘n kosverspreidingsentrum, sopkombuis, of skuiling vir haweloses in jou gemeenskap.