Soek ‘n nuusberig wat handel oor hongersnood in die wêreld en bespreek met jou Baanbrekersgroep watter stappe geneem word om hongersnood te beveg in die gebied wat in jou berig ter sprake is.
Gesels met ‘n persoon wat kosverspreiding in jou gebied organiseer, byvoorbeeld ‘n kerk, gemeenskapsentrum, sopkombuis, ens. Vind uit omtrent die mense wat hulle bedien, wat sommige van die oorsake van kosbehoeftigheid in die gemeenskap is, en hoe hulle in daardie behoeftes voorsien. Deel jou bevindinge met jou instrukteur.
Beskryf die oorsake van hongersnood in jou land. Jy kan dit doen deur ‘n kort opstel te skryf, ‘n aanbieding of skets te doen, of deur ‘n een-minuut video te maak. Bied dit aan by jou skool, burgerlike groep, Baanbrekerklub, of by die kerk.
Maak kositems vir die plaaslike gemeenskap se kosbank of kosverspreidingsentrum bymekaar, of as dit nie ‘n moontlik is nie, kies ‘n gesin wat hulp nodig het en neem die items vir hulle.
Besoek ‘n kosbank, kosverspreidingsentrum, of sopkombuis en bied aan om die personeel te help. Dit kan gedoen word saam met jou Baanbrekersgroep. Praat met die personeel om uit te vind hoe die kos bymekaar gemaak word en wat sommige van die uitdagings is om kos te kry om te versprei.