Kategorie: |
ADRA |
|
Vlak: | Vlak 3 | |
Jaar Ingestel: | 2009 | |
Itemnommer: | YOU7515 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
BESPREKINGSGROEP (Volwasse fasiliteerder nodig)
- Verduidelik hoe Christus mense in konfliksituasies aangemoedig het in die volgende Bybelstories. Identifiseer die aard van die konflik of menslike behoeftes in elke storie.
- Johannes 8:1-11 (Maria Magdalena)
- Matteus 18:1-6 (Dissipels – Grootste in die Konkinkryk van God)
- 1 Konings 3:16-28 (Salomo en die Baba)
- Bespreek die verhoudings-, identiteits-, rasse- en kulturele konflikte wat tieners in jou gemeenskap deesdae moet hanteer (m.a.w. verhoudinge met ouers, selfbeeld, vriendskappe).
- Beskryf die tipes menslike behoeftes wat mens kry en gee ‘n voorbeeld van elk uit die werklike lewe.
- Wat is aktiewe luister? Beoefen aktiewe luister deur rolspel te doen van konflikte in nommer 2 aangeteken.
- Pas die volgende metode van konflikoplossing op ‘n voorbeeld in nommer 2 toe:
- Beskryf die situasie
- Maak inligting bymekaar
- Identifiseer die problem
- Breinstorm vir oplossings
- Onderhandel om ‘n oplossing te bereik.
- Verduidelik hoe jy iemand sal verwys na ‘n professionele berader of leraar.
- Bespreek jou eie motiewe om vriende in konfliksituasies te wil help. Wat van vreemdelinge?