Bestaansboerdery

             Hardware-Printer-Floppy-icon-small
Vereistes

Kategorie:
Boerdery
Vlak: Vlak 2
Jaar Ingestel:  
Itemnommer:  
Oorsprong: Suidelike Asië-Stille Oseaan Divisie

Vereistes

  1. Neem deel aan die voorbereiding van ‘n voedseltuin van nege vierkante meter. Voltooi die volgende:
    1. Kies geskikte area
    2. Ontbossing
    3. Skoonmaak van die area
    4. Voorbereiding van die grond vir plant
  2. Deur middel van ‘n praktiese demonstrasie, wys hoe jy kompos sal maak en in jou tuin gebruik.
  3. Lys die gewasse van die volgende plantfamilies wat jy in jou tuin sal plant en in watter tyd van die jaar jy hulle kan plant:
    1. Wortelgewasse — bv. cassave, soetpatats, wortels
    2. Grasse — bv. mielies, suikerriet
    3. Peulgewasse — bv. boontjies, grondboontjies
    4. Blaargroente — bv. kool, aibika
    5. Vrugte — bv. piesangs, papaja, Tamaties, Eiervrug, Pampoen, Komkommer
  4. Wys deur praktiese demonstrasie en deur middel van ‘n diagram hoe jy jou groentetuin sal verdeel om jou gewasse te plant.
  5. Watter gewasse sal die beste groei by uitgebrande houtstompe?
  6. Wys en demonstreer hoe jy onkruid en peste uit jou tuin sal hou.
  7. Demonstreer hou jy jou gewasse sal plant om altyd voorraad te hê.
  8. Verduidelik hoe jy jou gewasse sal oes vir familiegebruik en om te verkoop.
  9. Verduidelik hoe jy jou gewasse sal roteer.
  10. Verduidelik wat jy met jou tuin sal doen na verskeie seisoene van verbouing.

Back