Kategorie: |
Boerdery |
|
Vlak: | Vlak 1 | |
Jaar Ingestel: | 1986 | |
Itemnommer: | YOU5675 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
- Identifiseer lewendig of vanaf foto’s ten minste twee bokrasse. Word hulle geteel vir melk, vleis, of wol?
- Watter tipe skuiling moet voorsien word vir bokke?
- Watter tipe voer word gebruik vir die volgende:
- Eerste maand
- Ooi wat onlangs gelam het
- Tweede maand
- Jaaroud
- Swangerskap
- Noem drie plante wat giftig is vir bokke.
- Wanneer word bokkies gespeen?
- Wanneer moet die boklammers weggeneem word van die bokooie, en hoekom?
- Hoe word bokke se hoewe geknip?
- Hoekom is bokke goed vir die skoonmaak van struikland?
- Noem ten minste ses items wat gemaak word van bokvelle?
- Wat is lelle?
- Maak ten minste twee bokke vir ses maande groot.
- Indien melkbokke grootgemaak word, beantwoord die volgende vrae:
- Wat is die punte om te oorweeg in die keuse van ‘n goeie melkbok?
- Hoe word pasteurisasie gedoen en wat is die doel daarvan?
- Indien melkbokke grootgemaak word, doen die volgende:
- Melk een bok in die oggend of in die aand, vir ten minste drie maande.
- Hou daagliks rekord van melkproduksie.