Kategorie: |
Boerdery |
|
Vlak: | Vlak 2 | |
Jaar Ingestel: | 1929 | |
Itemnommer: | YOU5100 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
- Gee ‘n kort geskiedenis van byeteelt of heuning.
- Lys vyf gebruike elk van van die volgende:
- Heuning
- Byewas
- Propolis
- Noem tien voedselsoorte wat baie moeilik verbou sal word sonder die hulp van bye.
- Noem die pligte van die hommel, die werkerby en die koninginby.
- Beskryf hoe die bye die heuningkoek bou. Hoekom word die heuningkoek donkerder met ouderdom?
- Wat word bedoel met die volgende terme:
- Beweegbare raam-korf
- Gekruisde korf
- Bye spasie
- Swerming
- Wat is ‘n roker? Watter materiaal kan as goeie brandstof dien vir ‘n roker?
- Wat moet in aanmerking geneem word met die keuse van ‘n ligging vir ‘n byekorf?
- Hoe word heuningbysiektes versprei tussen korwe?
- Wat is roof? Beskryf ‘n rowerby.
- Noem vier maniere om uitswerming te help verhoed. Hoekom moet uitswerming voorkom word?
- Watter drie vereistes moet aan voldoen word vir die kolonie om te oorleef in die winter?
- Watter voordeel is daar aan die gebruik van die dubbel-broeikamerstelsel?
- Doen die volgende pligte van ‘n suksesvolle byeboerdery:
- Lentevoeding om die broeiproduksie te stimuleer
- Die gebruik van heuningkaste en ander swermvoorkomingstegnieke
- Heuning ekstraksie en bottel van heuning
- Herfs voeding en ander voorbereidings vir die wintermaande.
- Hoe weet jy wanneer ‘n raam gereed is om vanuit die korf verwyder te word vir ontginning?