Duiweboerdery

             Hardware-Printer-Floppy-icon-small
Vereistes

Kategorie:
Boerdery
Vlak: Vlak 2
Jaar Ingestel: 1944
Itemnommer: YOU6100
Oorsprong: Wêreldkonferensie

Vereistes

  1. Beskryf die regte soort hok, stoepie, valdeur en neshokkies vir duiweboerdery. Lys die toerusting wat benodig word vir die hok.
  2. Gee ‘n goeie formule vir saad, graan en growwighede wat as duiwekos gebruik kan word, en in watter verhouding dit gemeng moet word. Waarom behoort minder mielies in ‘n warm klimaat gebruik te word?
  3. Verstaan die belangrikheid van die verskillende dele van ‘n duif se vlerk, vernaamlik die primêre en sekondêre vlugvere.
  4. Verstaan die belangrikheid van behoorlike ververing. Hoe kan die verveerseisoen beheer word?
  5. Laat ten minste twee pare duiwe uitbroei en rig hulle af om tot 40km ver te vlieg, of berei hulle vir tentoonstelling voor.
  6. Stel ‘n kort verslag op oor jou ondervinding tydens die versorging en afrigting van die bogenoemde duiwe, insluitend sanitasie, siektewering, luise, maaiers, rotte, muise en ander plae.

Back