Kategorie: |
Boerdery |
|
Vlak: | Vlak 2 | |
Jaar Ingestel: | 1929 | |
Itemnommer: | YOU5010 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
- Lys die komponente van grond. Hoekom is grond belangrik vir plante?
- Verduidelik die verskil tussen sand, klei en leem. Lys drie gewasse wat in elk aard.
- Toets die ontkieming van drie soorte saad – 100 saadjies van elke soort. Teken die ontkiemingspersentasie na 3, 4, en 5 dae aan.
- Verduidelik hoe die plante hulle voedsel kry en dit omskep. Verduidelik die verskil tussen primêre-, sekondêre- en mikro-elemente.
- Noem en identifiseer tien algemene soorte onkruid in jou omgewing, en vertel wat die beste manier is om hulle uit te roei deur middel van van natuurlike of chemiese metodes.
- Indentifiseer ses algemene insekplae of siektes. Vertel watter plante hulle gewoontlik aantas, en hoe om dit te voorkom of van hulle ontslae te raak.
- Identifiseer twee bronne van landbouweerinligting. Hoe is hierdie inligting nuttig vir die boer?
- Wat is erosie? Hoe kan dit verhoed word?
- Ken die doel van die volgende:
- Ploeg
- Bewerking
- Eg
- Rol-eg
- Dreinering
- Besproeiing
- Oes
- Noem en identifiseer tien bekende voëls van jou omgewing, en wat hulle nut vir die boer is.
- Help met die plant, kweek en oes van ten minste vier verskillende gewasse. Hou dagboek van die werk wat gedoen en probleme wat ondervind is.
- Besoek jou plaaslike koöperasie of regeringsdepartement en vind uit hoe hulle die boere help. Skryf ‘n verslag oor jou besoek.