Pluimveeboerdery

             Hardware-Printer-Floppy-icon-small
Vereistes

Kategorie:
Boerdery
Vlak: Vlak 2
Jaar Ingestel: 1928
Itemnommer: YOU6150
Oorsprong: Wêreldkonferensie

Vereistes

  1. Wees in besit van die Pluimvee Honneur.
  2. Beskryf broeikaste, kunsmoeders, sanitêre hoenderhuise en hoenderhokke. Wees in staat om die spesifieke gebruik van elkeen aan te dui.
  3. Toets en verpak eiers vir bemarking. Hoe word die slegte eiers uitgeken, en hoe word eiers gegradeer?
  4. Beskryf die voeding wat benodig word vir pluimvee, vandat hulle uitbroei tot volwassenheid.
  5. Teen watter temperatuur, humiditeit en aantal dae sal die volgende eiers uitbroei?
    1. Eend
    2. Hoender
    3. Gans
    4. Kwartel
    5. Kalkoen
  6. Maak ‘n broeisel van ten minste ses kuikens groot.
  7. Gee ‘n skriftelike of mondelinge verslag oor jou ondervinding in hierdie honneur, en aangaande jou bestudering van die hen, kalkoen, eend en gans.

Back