Kategorie: |
Boerdery |
|
Vlak: | Vlak 1 | |
Jaar Ingestel: | 1928 | |
Itemnommer: | YOU5640 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
- Berei die grond vir ‘n groentetuin van ten minste 10 vierkante meter voor, bemes en plant groente. Kweek ten minste ses verskillende soorte groente, drie vanaf sade en drie vanaf saailinge, tot by oes.
- Lys maniere om insekte en/of siektes in jou tuin te beheer. Weet hoe en wanneer om insekdoders en swamdoders toe te dien.
- Wat is ‘n deklaag? Hoe en hoekom word dit gebruik in die tuin?
- Wat is gehardheid? Watter groente word as gehard geklassifiseer in jou omgewing?
- Doen een van die volgende:
- Toets ontkieming van 100 van dieselfde soort saad.
- Maak en gebruik ‘n saadbedding en broeikas.
- Berei enige drie groentes voor vir die mark.
- Maak en gebruik ‘n stoorruimte vir jou groente.