Wat is die verskil tussen eksoskelette en endoskelette? Watter tipe skelet het mense?
Lys drie funksies van die skeletstelsel.
Is been lewendige weefsel? Verduidelik waarom of waarom nie.
Beskryf die struktuur en ontwikkeling van been.
Identifiseer die volgende bene van die skeletstelsel: Polsbeentjies, klavikel (sleutelbeen), skedel (kranium), dybeen, kuitbeen (fibula), boarmbeen (humerus), kakebeen, bokaakbeen, middelhandbene, middelvoetbene, knieskyf (patella), bekken, vingerbeentjies, speekbeen, ribbebene, skouerblad, stuitbeen (koksiks), borsbeen, voetwortelbeentjies, skeenbeen (tibia), ellepyp (ulna), en rugwerwels.
Wat is ‘n gewrig?
Lys die drie tipes gewrigte wat gevind kan word tussen bene.
Noem en beskryf ses tipes vrylik beweegbare gewrigte. Wees in staat daartoe om ‘n voorbeeld van elkeen van hierdie in jou liggaam te vind.
Wees kreatief en bou ‘n model van een van die ses vrylik beweegbare gewrigte.
Wat is ‘n ander naam vir ‘n gebreekte been? Lys drie tipes beenbreke wat kan voorkom. Beskryf hoe bene heel word en hoe dokters hierdie proses kan aanhelp.
Wat is osteoporose? Wie kan dit opdoen? Lys ten minste vyf gesonde gewoontes wat kan help met die handhawing van gesonde bene en spiere.
Wat is die funksie van die spierstelsel?
Noem en beskryf drie tipes spierweefsel. Gee ‘n voorbeeld van elk.
Wees in staat daartoe om die volgende spiere in jou liggaam te identifiseer: masseter, monnikskapspier, deltaspier, borsspier, boarmspier, buikspier, vierkopspier (kwadriseps), driekopspier, latissimus dorsi (grootste rugspier), boudspier (gluteus maksimus), skenkelsening, kuitspier (gastrocnemius), en kuitspier (soleus).
Beskryf die proses wat ‘n spier laat saamtrek.
Beskryf die verskil tussen willekeurige en onwillekeurige spiere.
Deur jou model in nommer 9 te gebruik, dui aan hoe spiere, bene, en gewrigte saamwerk om beweging moontlik te maak.
Vind drie teksverse in die Bybel wat bene en/of spiere noem. Vertel van elkeen in jou eie woorde.