Wees in besit van die Mikroskopiese Lewe Honneur (Natuurstudiekategorie).
Noem die twee hoofbestanddele van bloed. Wat is die persentasie van elk in normale bloed?
Teken en noem die sewe tipes bloedselle en dui aan wat elke tipe doen.
Neem ‘n hoeveelheid gepreserveerde mensbloed onder ‘n mikroskoop waar. Tel 100 witbloedselle en teken ‘n grafiek wat die getal van elk van die vyf tipes witbloedselle aandui wat jy gevind het. Watter tipe is die mees algemeen? Watter is die skaarste?
Doen ten minste een van die volgende en doen verslag oor wat jy waargeneem het:
Neem waar hoe bloed uit iemand se arm getrek word deur ‘n mediese kundige.
Met behulp van ‘n ervare persoon, neem bloed waar wat vloei deur ‘n paar aartjies (of op videoband of in ‘n lewende organisme, soos ‘n hamsterwangsakkie, paddavel, of goudvisstert) deur ‘n mikroskoop te gebruik.
Besoek ‘n mediese laboratorium waar bloedtoetse gedoen word.
Besoek ‘n bloedbank.
Watter twee gasse word deur die rooibloedselle vervoer? Verduidelik waarom bloed blou/groen lyk in jou are, maar as jy jouself sny, is die bloed helderrooi wat uitkom. Verduidelik waarom ‘n gebrek aan yster in jou dieet jou bloed ‘n gelerige skynsel kan gee.
Verduidelik waarom bloed stol wanneer jy beseer word. Hoe help tipiese “Noodhulp” hierdie proses aan?
Wat beteken dit om ‘n bloedskenker te wees? Indien moontlik, ken jou eie bloedtipe. Watter tipes bloed kan geskenk word aan jou? Watter bloedtipes kan nie aan jou geskenk word nie? Hoekom?
Vertel twee stories in die Bybel waarby bloed betrokke is. Deur jou kennis van bloed te gebruik, hoekom dink jy gebruik die Bybel bloed as ‘n simbool van God se reddende krag?
Lys tien spesifieke gesonde gewoontes wat jou liggaam kan help om gesond te bly en infeksie te beveg. Vind ‘n verwysing uit die Gees van Profesie wat elkeen van hierdie ondersteun. Hou ‘n rekord vir drie weke van hoe gereeld jy hierdie tien gewoontes herhaal.
Definieer die volgende terme met betrekking tot die liggaam se verdedigingsmeganisme: immunologie, patogeen inflammasie, teenliggaampies, geheueselle, immuniteit, entstof, allergie, histamien, en antihistamien.
Pynbos (African poison ivy) en wildeseldery is plante wat algemeen aangetref word deur aktiewe Baanbrekers. Identifiseer pynbos en wildeseldery, beskryf hoe om allergiese reaksies teenoor hulle te voorkom, en verduidelik wat jy moet doen indien jy ‘n allergiese reaksie teen een van die twee kry.
Maak ‘n lys van soveel as moontlik aansteeklike siektes wat jy gehad het. Teen watter is jy nou weerstandig? Verduidelik hoekom en hoekom nie.
Uit jou persoonlike mediese rekord, lys al die inentings wat jy gehad het en stel vas by jou dokter wanneer jou volgende inenting behoort te wees.
Skryf of vertel van een aansteeklike siekte (ten minste 250 woorde).
Wat is VIGS? Hoe word dit versprei? Is daar ‘n geneesmiddel? Waarom is dit so verwoestend?
Vind drie Bybelse verwysings wat te make het met sindelikheid en die beheer van of verspreiding van ‘n siekte.