Brein en Gedrag

             Hardware-Printer-Floppy-icon-small
Vereistes

Kategorie:
Gesondheid en Wetenskap
Vlak: Vlak 2
Jaar Ingestel: 1999
Itemnommer: YOU5175
Oorsprong: Wêreldkonferensie

Vereistes

  1. Identifiseer die verskillende dele van die menslike brein op ‘n diagram of ‘n model, insluitend die volgende: verlengde rugmurg (medulla), harsingbrug (pons), kleinharsings, middelharsings/middelbrein, talamus, hipotalamus, pituïtêre klier, en grootharsings (serebrum). Vertel kortliks wat elke deel se funksie is.
  2. Wat is ‘n neuron? Teken ‘n prentjie van ‘n tipiese neuron en identifiseer die dele daarvan. Waar betree inligting die neuron en waaruit verlaat dit weer?
  3. Verduidelik hoe medikasie die funksie van neurons affekteer, veral by die “sinaps”. Maak ‘n voorneme om nooit medikasie te neem behalwe vir mediese doeleindes nie.
  4. Wat is ‘n refleks? Voer ‘n onwillekeurige reflekstoets uit op iemand. (Instruksies: Tik liggies net onder iemand se kniekop terwyl die persoon se been oor die rand van ‘n stoel hang). Verduidelik waarom dit gebeur (gebruik die volgende terme in jou antwoord: sensoriese neuron, motorneuron, rugmurg). Waarom gebruik dokters hierdie toets in ‘n fisiese ondersoek?
  5. Wat is ‘n sensoriese neuron, en wat is “aanpassing”? Demonstreer aanpassing deur die volgende te doen:
    1. Rus jou arm op ‘n tafel en plaas dan ‘n klein kurkprop (of iets baie lig) op jou arm. Let op hoe dit eers voel en dan hoe dit ‘n minuut later voel as jy dit heeltyd stil hou.
    2. Plaas een vinger van een hand in ‘n bak koel water en ‘n ander vinger van die ander hand in ‘n bak met warm water. Na 30 sekondes, plaas albei vingers in ‘n bak water wat kamertemperatuur is. Hoe voel die water teen kamertemperatuur op elke vinger?
    3. Watter geestelike les kan ons uit die konsep van aanpassing aflei?
  6. Hoe is die smaak- en reuksintuig eenders en hoe is hulle verskillend? Teken ‘n kaart van watter deel van die tong reageer op die volgende smake: soet, suur, bitter, sout. Instruksies: Vra iemand om ‘n oorpluisie in een van die volgende doop: suikerwater (vir soet), suurlemoensap (vir suur), ontgaste sodawater (vir bitter) of soutwater (vir sout), en raak dan liggies aan verskillende dele van jou tong. Let op watter gedeeltes van jou tong die oplossing proe wat getoets word. Spoel af met skoon water na elke toets en gebruik ‘n nuwe oorpluisie vir elke toets.
  7. Teken ‘n prentjie van die verskillende dele van die oog en verduidelik hoekom jy ‘n blinde kol het. Vind jou blinde kol vir een oog. Instruksies: Maak ‘n baie klein swart kolletjie in die middel van ‘n stuk wit papier. Maak een oog toe en staar reguit voor jou uit. Hou die stuk papier ‘n armlengte voor jou en beweeg dit totdat die kolletjie “verdwyn” (dit gebeur gewoonlik wanneer die kolletjie net effens onder ooghoogte is – dis belangrik).
  8. Beskryf die drie basiese dele van die oor en wat elke deel doen. Verduidelik hoekom die volgende aktiwiteite sleg kan wees vir jou gehoor:
    1. Om na ‘n Walkman/iPod draagbare musiekspeler te luister
    2. Om ‘n lang voorwerp in jou oor te druk
    3. Om in die voorste ry by ‘n harde musiekkonsert te wees
    4. Om ‘n oorinfeksie nie behoorlik te behandel nie
    5. Om agter ‘n straler (jet) by ‘n lughawe te staan
  9. Doen een of meer van die volgende aktiwiteite (sommige van hierdie aktiwiteite sal saam met ‘n mediese/tandheelkundige beroepsmens of by ‘n plaaslike kollege of universiteit beplan moet word – hulle is gewoonlik baie gewillig om jou te help):
    1. Neem waar hoe ‘n enkefalogram (ensefalogram) op iemand gedoen word en beskryf wat uit hierdie toets geleer kan word.
    2. Kyk hoe ‘n “leuenverklikkerstoets” uitgevoer word. Verduidelik kortliks hoe dit werk.
    3. Neem waar hoe ‘n MRB (magnetieseresonansiebeelding) uitgevoer word en verduidelik watter inligting so ‘n toets kan oplewer.
    4. Neem ‘n neuron waar onder ‘n mikroskoop.
    5. Neem waar hoe iemand plaaslike verdowing of algemene narkose kry en verduidelik hoe ‘n narkosemiddel werk.
    6. Neem ‘n egte menslike brein waar (vars of gepreserveer).
  10. Maak ‘n lys van ten minste vyf dinge wat jy kan doen om jou brein teen skade te beskerm.
  11. Doen een van die volgende:
    1. Besoek iemand wat ‘n breinkwaal het en help om hom/haar te versorg (minimum van twee ure). Skryf ‘n verslag oor hulle spesiale behoeftes.
    2. Beskryf kortliks die volgende versteurings van die senuweestelsel: Alzheimer se Siekte, Veelvuldige Sklerose, Epilepsie, Ernstige Depressie, Down se Sindroom, Huntington se Siekte, kwadruplegie en paraplegie.
  12. Vind ten minste drie gedeeltes in die Bybel wat na jou brein en/of na besluite wat jy in jou lewe maak verwys.

Back