Deur die Bybel en/of Gees van Profesie te gebruik, leer hoe Jesus die siekes genees het en die prosedure vir ouderlinge om te gebruik om die siekes te salf en God te vra vir genesing. Skryf ‘n verslag van 250 woorde of gee ‘n mondelinge verslag van twee minute oor wat jy geleer het.
Wat is aaneenlopende opvoeding soos dit verband hou met gesondheidsberoepe?
Hou ‘n onderhoud met ten minste twee mense wat in ‘n mediese gesondheidsberoep werk. Een van die twee moet nie ‘n dokter of verpleegster wees nie, byvoorbeeld iemand wat werk in tandheelkunde, fisiese terapie, respiratoriese terapie, radiologie, voedingskunde, ens. In jou onderhoude, vra die volgende vrae:
Hoekom het jy jou beroep gekies?
Watter opleiding is nodig in jou loopbaan?
Na opleiding, hoe lank neem dit om gesertifiseerd of vaardig te word in jou veld?
Watter deel van jou werk hou jy die meeste van? En die minste?
Watter dae van die week en ure per dag werk jy?
Watter bevordering is moontlik in jou veld?
Watter studie kan jy onderneem wat jou gekose loopbaan sal komplementeer?
Watter plaaslike skole bied opleiding in jou beroep?
Doen een van die volgende:
Werk as ‘n vrywilliger of bode in ‘n hospitaal of mediese fasiliteit.
Besoek ‘n dokter of tandarts se kantore en doen die volgende:
Neem die areas waarin gewerk word waar, soos die besigheidskantoor, laboratorium, ondersoekkamers, x-straalkamers, ens.
Laat iemand jou die toerusting wat in die kantoor gebruik word wys.
Leer die stappe van ‘n doktersbesoek vandat ‘n pasient by die wagkamer aankom totdat hy/sy dit verlaat.
Leer hoe die dokter ‘n ondersoek doen, van ‘n pasiënt se mediese geskiedenis neerskryf tot ‘n diagnose maak.
Gaan op ‘n besoek met ‘n tuisverpleegster en doen die volgende:
Leer die stappe van ‘n tuisbesoek vandat die verpleegster uitvind omtrent die pasiënt tot wanneer die verpleegster aan die dokter rapporteer.
Neem waar hoe die verpleegster lewenstekens neem.
Neem waar hoe die verpleegster instruksies en medikasie gee.
Besoek ‘n buite pasient departement in ‘n hospitaal, soos fisiese terapie, x-strale, laboratorium, ens. Doen die volgende:
Neem die areas waarin gewerk word in die afdeling waar.
Laat iemand jou wys watter toerusting in die afdeling gebruik word en hoe dit werk.
Leer die stappe wat ‘n pasiënt neem wanneer hulle die afdeling besoek.