Ken en verstaan die ligging en funksie van die hart en longe.
Definieer KPR en noem vyf omstandighede waaronder dit gebruik behoort te word.
Woon klasse by wat geborg is deur die Hartstigting, die Rooikruis, of soortgelyk, aangebied deur ‘n opgeleide instrukteur, om te leer hoe om eenpersoon-KPR behoorlik uit te voer en te demonstreer. Dit moet binne die afgelope 12 maande wees.
Begryp wat Verstandige Hartleefstyl (“Prudent Heart Living”) beteken. Lys vyf dinge wat ‘n mens kan doen om jou hart gesond te hou.
Ontwikkel jou eie oefen-, gesondheids- en dieetprogram en hou rekord daarvan vir ‘n maand.
Leer die betekenisvolheid van die kleure en ontwerp wat gebruik word op die Honneur embleem vir hierdie Honneur, soos volg:
Die persoon wat KPR kry is wit, wat geen sirkulasie aandui.
Die persoon wat KPR gee is rooi, ‘n teken van ‘n persoon wat lewendig is.
Die goue randjie dui aan dat ‘n mens se lewe waardevol is.
‘n Hart word gevorm deur die kop, skouers en die arms van die persoon wat KPR toedien, ‘n teken van medelye teenoor ‘n ander person.