Noodhulp Basies

             Hardware-Printer-Floppy-icon-small
Vereistes

Kategorie:
Gesondheid en Wetenskap
Vlak: Vlak 1
Jaar Ingestel: 1951
Itemnommer: YOU5080
Oorsprong: Wêreldkonferensie

Vereistes

Indien woonagtig in die Verenigde State of enige ander land waar die Rooikruis se opleiding op ‘n bevredigende vlak is, slaag die Rooikruis se eksamen in Basiese Noodhulp en ontvang jou sertifikaat. (11-14 jaar oud)

OF

In Britse lande slaag die eksamen in St. John-Ambulans Junior Noodhulp en ontvang sertifikaat daarvoor. (15 jaar en onder)

OF

  1. Ken die oorsake van skok en demonstreer die gepaste behandeling daarvoor.
  2. Ken die behoorlike stappe vir reddingsasemhaling.
  3. Ken die behoorlike prosedures om iemand wat verstik te help.
  4. Ken die behoorlike prosedures om ‘n bloeiende slagoffer te help.
  5. Ken die drukpunte en hoe om druk korrek toe te pas op hierdie punte.
  6. Ken die behoorlike prosedure om ‘n slagoffer van vergiftiging te help.
  7. Demonstreer die behoorlike prosedure om verskeie gebreekte bene in die liggaam te spalk.
  8. Ken die behoorlike prosedure om ‘n eerste-, tweede- en derdegraadse brandslagoffer te help.
  9. Ken die behoorlike prosedure om ‘n slagoffer van ‘n chemiese brand te help.
  10. Ken die situasies wat waarskynlik koolstofmonoksiedvergiftiging kan veroorsaak en die redding- en behandelingstegnieke vir sulke vergiftiging.
  11. Ken die behoorlike prosedure om die slagoffer van ‘n kopbesering te help.
  12. Ken die behoorlike prosedure om die slagoffer van interne beserings te help.
  13. Ken die verskil tussen ‘n hartaanval, beroerte, epilepsie, en ‘n eenvoudige flouval, en die behandeling vir elkeen.
  14. Weet hoe om infeksie te verhoed.
  15. Wat is die behoorlike behandeling vir ‘n slangbyt?
  16. Wat is die behoorlike behandeling vir dierbyte?
  17. Wat is die behoorlike behandeling vir insek- en spinnekopbyte?
  18. Wat is die verskil tussen hitte uitputting en sonsteek, en wat is die behandeling vir elkeen?
  19. Wat behoort jy te doen as jou klere aan die brand raak?
  20. Wat is die basiese brandvoorkomingsbeginsels vir die huis?
  21. Wat is die basiese waterveiligheidsbeginsels?
  22. Watter maniere is daar om iemand wat verdrink te red sonder om te swem?
  23. Wat is die basiese elektriese veiligheidsbeginsels?
  24. Hoe kan jy voedselvergiftiging voorkom?

Back