Kategorie: |
Gesondheid en Wetenskap |
|
Vlak: | Vlak 2 | |
Jaar Ingestel: | 1938 | |
Itemnommer: | YOU5560 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
(Instrukteur Benodig)
Indien jy in die Verenigde State woonagtig is, of in ‘n ander land waar Rooikruis opleiding verskaf word, slaag die Rooikruis se eksamen in Standaard Noodhulp bevredigend en ontvang jou sertifikaat (20 ure instruksie).
In Britse lande, slaag die eksamen in St. John-Ambulans Standaard Noodhulp en ontvang sertifikaat daarvoor.
Of voltooi die volgende vereistes:
- Ken die basiese beginsels vir mond-tot-mond asemhaling en die behandeling vir ‘n blokkasie in die lugweg.
- Wat is die verskil tussen ‘n hartaanval en ‘n beroerte en die behandeling vir elk?
- Ken die behoorlike prosedure om ‘n bloeiende slagoffer te help.
- Ken die drukpunte en hoe om korrek druk toe te pas op hierdie punte.
- Ken die behoorlike metode om ‘n toerniket aan te wend en wanneer om dit aan te wend.
- Ken die oorsake van skok en demonstreer die behoorlike behandeling daarvan.
- Ken die behoorlike prosedure om ‘n slagoffer van vergiftiging te help.
- Ken die behoorlike prosedure om ‘n brandslagoffer te help.
- Weet hoe om die volgende verbande behoorlik aan te wend:
- Oop en toe spiral
- Figuur-agt
- Vingerpunt
- Krawat-verband tot die kop
- Weet hoe om die volgende spalke aan te wend:
- Bo-armspalk
- Voorarmspalk
- Enkelspalk
- Kniekopspalk
- Ken die behoorlike behandeling vir die volgende:
- Kopbeserings
- Interne beserings
- Skietwonde
- Beserings aan die oog
- Dier- en insekbyte
- Flouval en epilepsie
- Effekte van hitte en koue
- Weet wat om te doen in ‘n elektriese noodegeval.
- Weet hoe om van ‘n brand te ontsnap.
- Weet hoe om hulp te ontbied in ‘n noodgeval.
- Ken die behoorlike prosedure om ‘n bestralingslagoffer te help.
- Ken die volgende metodes om iemand te dra in ‘n noodredding:
- Skouer sleep
- Kombers sleep
- Twee-persoon dra
- Dra by die ledemates
- Geïmproviseerde draagbaar
- Driepersoon hangmat dra
- Draagbaar dra