Kategorie: |
Gesondheid en Wetenskap |
|
Vlak: | Vlak 2 | |
Jaar Ingestel: | 1962 | |
Itemnommer: | YOU6030 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
- Definieer en teken ‘n diagram van die volgende:
- Fokusafstand/brandpunt
- Positiewe lens afwyking
- Negatiewe lens
- Twee tipes beeldvervorming
- Laterale kleur
- Sferies
- Achromatiese lens
- Refraksie/breking van lig
- Verduidelik hoe lig optree wanneer dit water, olie, veldspaat en ‘n spieël tref of deurkruis.
- Benoem en teken diagramme van drie tipes positiewe lense en drie tipes negatiewe lense.
- Wat is die minimum afstand wat jou ligbron vanaf die lens moet wees wanneer jy fokusafstand toets?
- Stel vas wat die fokusafstand van ten minste vier lense is. Een moet ‘n negatiewe lens wees.
- Verduidelik deur middel van ‘n diagram hoekom die beeld wat ‘n positiewe lens maak omgekeer en omgedraai/onderstebo is.
- Toon aan met diagramme hoe ‘n prisma werk. Wat is die hoeke waarteen die kleure verskyn en verdwyn?
- Toon aan en demonstreer wat gebeur wanneer lig eenrigtingglas tref.
- Bou ‘n optiese instrument deur spieëls of lense te gebruik, soos ‘n periskoop, ‘n skyfie- of opaak/ondeursigtige projektor of ‘n eenvoudige teleskoop.
- Verduidelik wat bedoel word deur die term 6 x 35 en 7 x 50 soos wat dit van toepassing is op verkykers.
- Definieer die term “f/stop” soos dit gebruik word in verband met kameras. Wat beteken dit wanneer ‘n lens vinnig of stadig is? Is ‘n f 18.5 lens vinniger of stadiger as ‘n f 18 lens?