Vraestel Handleiding Vereistes
Kategorie: |
Gesondheid & Wetenskap |
|
Vlak: | Vlak 1 | |
Jaar Ingestel: | 1986 | |
Itemnommer: | YOU6215 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
- Vertel wat jy moet doen om besering en/of moontlike lewensverlies te voorkom in die volgende situasies:
- ‘n Brand in jou huis, jou bure se huis, en ‘n publieke gebou
- Indien jy in ‘n voertuig gestrand is in ‘n sneeustorm of ‘n woestyn
- Motor ongeluk
- Aardbewing
- Vloed
- Tornado
- Orkaan
- Donderstorm
- Atoomenergie
- Rotsstorting
- Jou boot of kano slaan om in oop water
- Wanneer jy in ‘n noodsituasie vir hulp skakel, watter noodsaaklike inligting moet jy oordra en wie moet laaste die foon aflui?
- Demonstreer watter noodhulp maatreëls jy moet neem in die volgende situasies:
- Iemand se klere brand
- ‘n Wond wat erg bloei
- Iemand verstik
- Iemand sluk gif
- Doen die volgende:
- Teken ‘n ontsnap roete vir jou gesin in geval van ‘n brand in jou huis waar die normale uitgange geblokkeer is.
- Doen ‘n tuis brandoefening saam met jou gesin.
- Bespreek die prosedures om mense veilig uit jou kerk en skool te kry in geval van ‘n brand. Neem in ag hoe om paniek te voorkom.
- Wat moet jy en jou ouers doen om die ontvoering van kinders in jou gesin te voorkom? Wat moet jy doen as jy ontvoer word?