Kategorie: |
Gesondheid en Wetenskap |
|
Vlak: | Vlak 2 | |
Jaar Ingestel: | 1938 | |
Itemnommer: | YOU5710 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
- Wees in besit van die Noodhulp Honneur.
- Watter kosse word ingesluit in die volgende diëte:
- Vloeistof
- Sag
- Lig
- Vol
- Ken die simptome van ‘n koors. Weet hoe om ‘n persoon se temperatuur te neem. Weet hoe om ‘n hoë temperatuur af te bring.
- Weet wat ‘n normale polsslag, asemhalingstempo, en temperatuur is. Oefen om die polsslag, asemhalingstempo, en temperatuur van ‘n vriend of klasmaat te neem.
- Wat is ‘n oordraagbare/aansteeklike siekte? Hoe word dit oorgedra? Watter voorsorgmaatreels behoort gevolg te word om jou teen aansteeklike siektes te beskerm? Lys veligheidsmaatreëls wat gevolg moet word wanneer jy ‘n persoon met ‘n oordraagbare siekte in jou huis versorg.
- Watter simptome dui daarop dat ‘n persoon fisies siek is?
- Weet hoe om te help om ‘n pasgebore baba en ‘n bejaarde persoon in jou huis te versorg.
- Weet wanneer en hoe om jou hande te was wanneer jy ‘n siek persoon versorg.
- Weet hoe om ‘n bedlêende pasiënt gemaklik in die bed te maak.
- Wys hoe om ‘n hulpelose pasiënt in die bed te voer.
- Wys hoe om vloeibare medisyne en tablette, pille, of kapsules aan kinders en volwassenes te gee. Weet hoe om oogdruppels behoorlik aan te wend.
- Demonstreer die metode om fomentasies (warm omslae) en voetbaddens te gee. Verduidelik die waarde van hulle gebruik en vertel van die kondisies waaronder sulke behandelings toegedien behoort te word.
- Demonstreer die aanwending van ‘n helende kompres en die gebruik van hitte en koue vir die behandeling van inflammasie en kneusplekke.
- Verduidelik hoe die volgende natuurlike geneesmiddels kan help met die voorkoming van siekte:
- Voeding
- Oefening
- Water
- Sonlig
- Selfbeheersing
- Lug
- Rus
- Vertroue in God