Vertering

             Hardware-Printer-Floppy-icon-small
Vereistes

Kategorie:
Gesondheid en Wetenskap
Vlak: Vlak 2
Jaar Ingestel: 1999
Itemnommer:  YOU5415
Oorsprong: Wêreldkonferensie

Vereistes

    1. Wees in besit van die Voeding Honneur.
    2. Hou rekord van wat en hoeveel jy eet vir twee weke. Vergelyk jou dieet met dié van die voedselpiramide.
    3. Wat is vertering? Wat is ‘n ander naam vir die menslike spysverteringstelsel?
    4. Waar kom spoeg vandaan? Wat is die drie funksies van spoeg?
    5. Identifiseer die volgende dele van die tand: emalje, dentine, pulp, tandvleis, cementum, en periodontale membraan. Watter rol speel die tande in spysvertering?
    6. Op ‘n diagram of model, noem al die organe wat help met spysvertering, van die begin waar die kos in die mond ingaan tot waar dit by die anus uitgeskei word.
    7. Ken die verskil tussen kosbolus en voedselbry/maagbry (chym).
    8. Waar kom gal vandaan? Waar word dit gestoor? Wat doen dit in die duodenum (twaalfvingerderm)?
    9. Wat is haarvlokkies? Wat stel hulle in staat om die voedingstowwe so vinnig te absorbeer? Op watter stadium is al die voedingstowwe verwyder van die kos/voedselbry? Vergelyk die hoeveelheid water wat deur gewone papier geabsorbeer word met die hoeveelheid wat deur ‘n papierhanddoek van min of meer dieselfde grootte geabsorbeer word deur ‘n ⅛ koppie (17.2 ml) water te gebruik.
    10. Wat gebeur as daar te veel water in die dikderm is? Wat gebeur as daar te min water is?
    11. Hoe help vesel in jou dieet met spysvertering? Hoe lank behoort kos in die spysverteringskanaal te bly? Wat gebeur as kos te lank in die spysverteringstelsel bly?
    12. Demonstreer die vertering van stysel tot eenvoudige suiker deur die gebruik van die jodiumtoets. Wat is die ses basiese voedingstowwe wat noodsaaklik is vir lewe en waar vind die grootste gedeelte van hulle vertering/absorpsie plaas?
    13. Ken die verskil tussen monosakkaried, disakkaried, and polisakkaried. Wat is die belangrikste koolhidraat?
    14. Wat is aminosure? Hoeveel word benodig om al die proteïene in die liggaam te vervaardig? Wat word bedoel met noodsaaklike aminosure? Hoeveel van hulle is noodsaaklik? Waar kan jy al die noodsaaklike aminosure kry?
    15. Wat is ATP? Waarvoor word dit gebruik? Wat gebruik jou liggaam om ATP te maak? Watter drie stelle chemiese reaksies vervaardig ATP in jou liggaan? Hoekom moet ons suurstof inasem?
    16. Ken die verskil tussen water- en vetoplosbare vitamines. Wat is twee algemene vitamines wat vetoplosbaar is? Noem twee vitamines wat wateroplosbaar is.
    17. Lys vier Bybelverse wat verwys na spysvertering.
    18.  Lys vyf verwysings van E.G. White wat gesonde spysvertering bevorder. Kies ‘n verskeidenheid onderwerpe.

Back