Vraestel Handleiding Vereistes
Kategorie: |
Ontspanning |
|
Vlak: | Vlak 1 | |
Jaar Ingestel: | 1986 | |
Itemnommer: | YOU5212 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
- Wees ten minste in graad 5 of 10 jaar oud.
- Verstaan en beoefen wildernis en kampeeretiket ten opsigte van natuurbewaring.
- Ken agt dinge om te doen wanneer jy verdwaal het.
- Wees vertroud met verskeie tipes slaaptoerusting geskik vir omgewing en seisoen.
- Verskaf ’n lys van persoonlike items benodig vir ’n naweekkamp.
- Beplan en neem deel aan ’n naweekkamp.
- Wees in staat om ’n tent behoorlik op en af te slaan. Beoefen brandvoorsorgmaatreëls terwyl die tent in gebruik is.
- Ken en beoefen behoorlike kampsanitasiebeginsels vir beide primitiewe asook gevestigde kampterreine.
- Maak behoorlik gebruik van ’n mes en ’n handbyl. Ken tien veiligheidsmaatreëls ten opsigte van hulle gebruik.
- Vure:
- Demonstreer die vermoë om ‘n area vir ‘n kampvuur te kies en voor te berei.
- Ken kampvuurveiligheidsmaatreëls.
- Wees in staat om ’n vuurhoutjie behoorlik aan te steek.
- Oefen om ’n vuur te maak met slegs een vuurhoutjie en deur slegs natuurlike materiaal te gebruik.
- Demonstreer hoe om vuurmaakhout te beskerm in nat weer.
- Bak stokbrood.
- Verduidelik die behoorlike prosedures ten opsigte van die was en skoonhou van die kook- en eetgerei.
- Beskryf slaapklere en hoe om snags warm te bly.
- Leer ’n geestelike les uit die natuur gedurende jou kamp.
- Verduidelik en beoefen die leuse: “Neem slegs foto’s en laat slegs voetspore”.