Vraestel Handleiding Vereistes
Kategorie: |
Ontspanning |
|
Vlak: | Vlak 1 | |
Jaar Ingestel: | 1986 | |
Itemnommer: | YOU5213 | |
Oorsprong: | Wêreldkonferensie |
Vereistes
- Wees ten minste in Graad 6 of 11 jaar oud.
- Ontwikkel ’n persoonlike filosofie van buitelewe etiket, soos hoflikheid teenoor ander kampeerders en natuurbewaring.
- Ken en verstaan die volgende ses W’s vir die kies van ’n goeie kampeerterrein:
- Wind
- Water
- Wilde dinge
- Woud (hout)
- Weer
- Wil
- Demonstreer jou vermoë om die wildernis en jou waterbron te beskerm deur middel van behoorlike persoonlike higiëne en kooksanitasie.
- Neem deel aan ’n naweekkamp.
- Neem deel aan ’n kampaanbiddingsdiens wat een van die volgende insluit:
- Sabbatskool-lesstudie
- Verhaal
- Aanbiddingsgedagte
- Uitlei van sangdiensNeem deel aan ’n kampaanbiddingsdiens wat een van die volgende insluit:
- Weet hoe om ’n kampstoof en lantern veilig aan te steek en te gebruik.
- Ken veiligheidsreëls en demonstreer jou vermoë om vuurmaakhout behoorlik te kap.
- Demonstreer hoe om dooie hout behoorlik te breek.
- Met die gebruik van donshoutjies of kerfhoutjies, bou en ken die gebruik van ’n raad- of kruis-en-dwarsvuur en een tipe kookvuur. Hersien vuurmaakveiligheidsreëls.
- Beskryf twee metodes om kampkos koel te hou.
- Bou twee tipes kampkrane.
- Berei kampetes voor deur te kook, braai en bak.
- Demonstreer die keuse van ’n tentarea. Slaan ’n tent behoorlik op en af. Watter voorsorgmaatreëls moet geneem word wanneer jy ’n nat tent afslaan? Maak ’n tent behoorlik skoon en droog en bêre dit.
- Beddegoed:
- Demonstreer behoorlike metodes om jou slaapsak of bedrol op te vou vir ’n reis.
- Verduidelik hoe om ’n slaapsak of bedrol droog te hou op ’n kamp.
- Beskryf hoe om jou slaapsak of bedrol behoorlik skoon te maak.