Daar is baie maniere om aan die behoeftes van ander te voldoen. Jy kan:
- Deelneem aan ‘n voedselverspreidingsprojek vir honger mense.
- Komberse, jasse, handskoene, serpe, en nuwe kouse vir die haweloses in jou area insamel.
- Eensame bejaardes in hul huise besoek (vra eers vir ‘n uitnodiging).
- Eensame bejaardes in verpleeginrigtings besoek.
- Siek mense in ‘n hospitaal besoek (in baie klein groepe).
- ‘n Bejaarde se erf skoonmaak.
- Deelneem aan ‘n aktiwiteit georganiseer vir individue met spesiale behoeftes.
- Lees en neem boeke op vir blindes.
- Gaan stap met ‘n bejaarde buurman/vrou se hond of help hulle vir ‘n tyd lank om vir hul troeteldier te sorg.