Teken jou gedagtes in ‘n joernaal aan deur hierdie vrae te vra:
-
“Wat het ek oor God geleer?”
-
“Wat het ek oor myself geleer?”
-
“Hoe kan ek dit vandag op my lewe toepas?”
Die doel om die Baanbreker hierdie vrae te laat beantwoord is om hulle aan te moedig om anders oor die teks te dink as vantevore. Dit is makliker as wat ons graag sal wil erken om ‘n lang gedeelte te lees en nie eens daaroor te dink nie. Joernaalskryf behoort te help om dit te voorkom.
Hoe die joernaalskryf aangepak word behoort aan die Baanbreker oorgelaat te word.
Skryf
Sommige mense is meer gemaklik daarmee om dinge neer te skryf. Dit kan gedoen word met ‘n potlood (of pen) en papier in ‘n notaboek, ‘n dagboek, op ‘n woordverwerker, of selfs op ‘n webjoernaal (“blog”) of sosiale netwerk.
Teken
Sommige kinders wil nie skryf nie en sal enigiets doen om dit te verhoed. Vir sulke kinders sal die gedagte om nie bekleë te word nie, waarskynlik nie ‘n effektiewe motivering wees nie. Hulle mag verkies om eerder die konsepte te illustreer en dit is ‘n geldige manier vir hulle om hul gedagtes in ‘n joernaal te omskep.
Elektroniese Proses
Die Baanbreker mag kies om sy joernaalinskrywings op ‘n woordverwerker, ‘n webjoernaal (“blog”) of ‘n sosiale netwerk te skryf. Terwyl dit as beide skriftelik of ‘n “elektroniese proses” beskou kan word, is daar ook ander opsies wat beskikbaar is. Baanbrekers kan byvoorbeeld ‘n klank- of video-opname van hul gedagtes maak. As hulle die toerusting het, behoort dit aangemoedig te word. As hulle nie gemaklik voel daarmee om die materiaal met die klub te deel nie, moenie hulle dwing om dit te doen nie.