Kategorie: Ander
Vereistes:
- Ken al die letters van die alfabet.
- Weet hoe om jou voornaam te spel.
- Wandel deur jou kamer of buite en vind soveel voorwerpe as wat jy kan wat met verskillende letters van die alfabet begin.
- Skryf uit jou kop tien letters van die alfabet.
- Skryf vyf letters, knip uit en plak voorwerpe of prente om by elk van die letters te pas.
- Wat is ‘n paar ander maniere van skryf? (hiërogliewe, braille, snelskrif, tik, morsekode, ens.)
Voorstelle:
- Laat die kinders letters maak deur op die vloer te lê.
- Maak letters uit roomysstokkies of ander voorwerpe.
- Gebruik springtoue om letters, syfers en vorms te vorm.