Kategorie: Fisiese Aktiwiteit
Vereistes:
- Weet hoe om te “hondjie swem”.
- Weet hoe om met jou kop onder die water te swem.
- Wees in staat om in te spring en na die trappe, leer of kant te swem.
- Ken twee water veiligheidsreëls. (Wees altyd saam met ‘n volwassene, moet nooit om die swembad hardloop nie, moet nooit op iemand inspring nie, ens.)
- Wat sal jy doen as iemand in die moeilikheid beland in die swembad? Sal jy probeer om hulle te red? Waarom sal dit beter wees om ‘n ouer of ‘n volwassene te roep om te kom help?
- Ken die noodnommer vir ‘n ambulans.