Kategorie: Ander
Vereistes:
- Wat moet jy doen as jou klere aan die brand raak?
- Wat moet jy doen as daar rook in jou huis is en dit moeilik is om asem te haal?
- Memoriseer jou telefoonnommer en straatadres.
- Watter telefoonnommer skakel jy wanneer daar ‘n brand is? Wat sê jy vir die persoon wat die telefoon antwoord?
- Besoek ‘n brandweerstasie.
Voorstelle:
- Sny die vorm van ‘n vlam uit rooi of oranje vilt. Sê vir die kinders dat hulle moet STOP, VAL en ROL om die vuur dood te maak. Maak ‘n speletjie daarvan.
- As daar rook is en dit moeilik is om asem te haal, kruip op die vloer. Die rook gaan op. Jy kan ook jou gesig met jou hemp bedek om ‘n masker te maak.
- Maak ‘n speletjie hiervan: Plaas elke kind saam met ‘n ouer en gee vir hulle ‘n ballon, bol wol of boontjiesakkie. Die ouer sê ‘n gedeelte van die adres of telefoonnommer en gooi dit vir die kind, wat dit dan herhaal. Maak die gedeeltes langer totdat die kind die inligting in geheel kan herhaal. Of laat die ouer die eerste deel van die telefoonnommer sê en die kind dit voltooi, ens.
- Gebruik ‘n speelgoedselfoon om te oefen om 112 of jou area se noodtelefoonnommer te skakel.
Rolspeel ‘n noodoproep:
Eerstens skakel die kind die noodtelefoonnommer. (‘n Volwassene “antwoord”.) Die kind sê: “Daar is ‘n brand by ________ (straatadres).” Leer die kind om op die telefoon te bly en te probeer om enige ander vrae te beantwoord – moenie aflui voor jy gevra word om dit te doen nie. (Is die vuur binne of buite? Hoe groot is die vuur? Wat brand? Is jou ouers tuis? ens.) Beklemtoon dat hulle nooit die noodnommer moet bel tensy daar regtig ‘n brand is nie – dit is nie ‘n speletjie nie. - Tref vooraf reëlings met die brandweerstasie. Laat ouers hulle kinders vergesel. Beplan peuselhappies na die besoek.