Kategorie: Natuur
Vereistes:
- Wat is ‘n huis?
- Vertel van jou huis. Teken ‘n prentjie van jou huis en kleur dit in.
- Diere het ook huise. Noem vyf verskillende diere en vertel waar hulle woon.
- Hoe weet diere hoe om ‘n huis te maak?
- Kies ‘n dier en doen die volgende:
- Hou die dier dop (dit kan in ‘n dieretuin of op ‘n video wees).
- Teken of kleur ‘n prent van die dier in.
- Maak ’n model van sy huis.
- Wys jou prent en model vir die ander Besige Bewers.
- Vertel vir mense wat jy geleer het van jou dier en sy huis.
Voorstelle:
- ‘n Huis is die plek waar jy woon of te bly. Dit moet ‘n plek wees waar jy veilig en gemaklik voel.
- Verskaf groot velle papier en kryt. Wanneer hulle klaar is, vra die kinders om te vertel oor wat hulle geteken het. Erken en aanvaar hul pogings.
- Bewers bou ‘n huis van stokke en modder.
‘n Meerkat bly in ‘n gat in die grond.
Wildsbokke bly in die veld.
Die leeu se huis word ‘n lêplek genoem.
Eekhorings bly in ‘n gat of nes in ‘n boom.
Mense maak ‘n huis vir perde en koeie in ‘n stal. - God het die diere gemaak sodat hulle weet wat om te doen. Dit word instink genoem – dit is iets wat hulle nie oor hoef te dink nie, hulle weet dit net. Diere leer ook by hul ouers hoe om huise te maak.
- Bied vir die kinders ‘n verskeidenheid van plastiese of rubber diere. Laat hulle een kies en ‘n huis bou uit klei, hout, karton, ens.
Verwysings
“Animal Homes”, deur Joshua Morris
“Animal Homes felt set” van “ABC Big Backyard”