Kategorie: Natuur
Vereistes:
- Wie het ons wêreld gemaak? (Leer Genesis 1:1.)
- Doen ‘n optrede oor die verhaal van die skepping terwyl iemand dit lees of vertel.
- Sing ‘n lied oor jou wêreld.
- Kyk na ‘n aardbol en wys waar jy bly.
- Noem vyf van jou gunsteling dinge wat God vir jou geskep het.
- Maak ‘n collage, kleur ‘n prentjie in van God se wêreld, of wandel buite en vind dinge wat Hy gemaak het.
Voorstelle:
- Doen dit in ‘n vraag/antwoord-formaat, met gesamentlike groepsantwoorde:
Wie het ons wêreld gemaak? God het!
Hoe weet julle dit? Die Bybel sê dit vir my.
Wat sê dit? “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.”
Waar kry ons dit? Genesis 1:1 - Lees Genesis 1:1-2:3 in die Bybel, of die skeppingsverhaal uit die Bybelverhaal boeke. Gebruik beskrywende mosies of gebaretaal simbole vir woorde wat in die verhaal herhaal word. Byvoorbeeld:
God – wys na die hemel.
Gesien – hou jou hand bo jou oë.
Goed – maak ‘n sirkel met jou duim en wysvinger, met die ander vingers reguit.
Aarde – bring arms saam om ‘n sirkel te maak. - Hy Hou die Hele Wêreld in Sy Hand (kan die woorde verander na: “Hy het die hele wêreld, als gemaak”)
God Made It So (SSTT #76)
Jesus Makes Everything Good (Heaven is for Kids, bl. 9)
If I Were a Butterfly (geïllustreerde lied beskikbaar by AdventSource) - Plastiese opblaas aardbolle is beskikbaar by AdventSource.
- Die dinge wat God gemaak het is oral om ons wanneer ons in die buitelug is. Ons bring sommige van daardie dinge binnenshuis om dit te geniet. Omring die kinders met natuurlike voorwerpe of gaan buitentoe daarvoor.
- Gaan wandel buite en versamel natuurlike voorwerpe (klippe, blare, blomme, bas, ens.) en maak ‘n kunswerk daarmee.