Kategorie: Natuur
Vereistes:
- Met die gebruik van plastiese maatkoppies en lepels, meet, gooi en skep verskillende hoeveelhede sand en plaas dit in ‘n emmer of aparte houer.
Bespreek die verskillende mates. - Maak ‘n sandkuns prent deur van gom gebruik te maak om die sand te laat vassit.
- Deur van tregters en skoppies gebruik te maak, vul bottels (plastiekmelkbekers, stroopbottels, ens.) met sand. Gebruik twee verskillende groottes tregters.
- Sit gedroogde bone of rys in ‘n emmer met sand. Meng dit in. Gebruik ‘n sif om die bone van die sand te skei en in ‘n aparte houer te plaas.
- Teken ‘n prent van bone of rys in ‘n emmer vol sand, of maak ‘n prent uit bone op ‘n skoon vel papier.
Voorstelle:
Gebruik rys as ‘n alternatief vir sand.
Laat die kinders meet, gooi en skep vir so lank as wat hulle wil. Dit ontwikkel oog-hand-koördinasie en handvaardigheid en kinders hou daarvan om in die sand te speel.