Kategorie: Ander
Vereistes:
- Leer die Goue Reël (Matteus 7:12).
- Wat is die vier towerwoorde?
- Teken of knip en plak prente om een van die towerwoorde te illustreer.
- Speel ‘n speletjie waarin jy gebruik maak van die vier towerwoorde.
Antwoorde vir #2:
Asseblief, dankie, dit is ‘n plesier en verskoon my.
Voorstel vir #4:
Towerwoord Speletjie
Op stukkke papier, skryf voorvalle neer soos: “Wat sê jy wanneer jy ‘n geskenk kry?” “Wat sê jy wanneer iemand vir jou sê dat jy ‘n mooi rok het?” “Wat sê jy wanneer jy in die gang loop en teen iemand stamp?” Gebruik jou verbeelding om aan nog voorvalle te dink. Plaas die stukke papier in ‘n mandjie. Laat die kind een trek en die onderwyser dit lees en die kind toepaslik daarop reageer.