Kategorie: Ander
Vereistes:
- Noem vyf verskillende vriende wat in jou gemeenskap woon.
- Maak ‘n plakboek of collage van ten minste vyf van jou vriende in jou buurt.
- Noem drie dinge wat jy en jou vriende kan doen om jou buurt ‘n beter plek te maak.
- Vertel vir een van jou vriende dat Jesus hulle liefhet.
- Doen iets goed vir ‘n gemeenskapsvriend.
- Maak ‘n nuwe vriend in jou buurt.
Voorstelle:
- Die kinders kan mense van alle ouderdomme noem wat hulle ken.
- Maak voor die tyd plakboeke vir die kinders, of verskaf tekenpapier. Moedig ouers aan om foto’s van die kinders en hul maats te neem. Die kinders kan ook hul maats vra vir ‘n foto, of prente teken van hul maats.
- Dinge wat ek in my buurt kan doen is:
- Tel vullis op.
- Moenie rommel strooi nie.
- Praat vriendelik met my bure.
- Trek onkruid uit of hark blare vir iemand wat bejaard of siek is. (Vra altyd eers!)
- Help om my erf netjies te hou.
- Stel ‘n manier voor om te deel, soos om ballonne, knope of blomme weg te gee met die boodskap. Oefen om die geskenk aan ‘n maat te gee en te sê: “Jesus het jou lief.” Sing “Jesus Min My” of “Jesus is so life vir kinders.”
- Beplan ‘n idee en voer dit tuis uit, of nooi jou maatjie na die volgende byeenkoms.
- Maak seker dat die kinders ‘n geleentheid kry om dit onder behoorlike toesig te doen.