Gaan op ‘n skattejag saam met een van jou ouers, ‘n onderwyser of ‘n ander volwassene.
Vind twee items in die natuur (sade, dennebolle, neute, blare, ens.)
Vind iets wat verband hou met ‘n Bybelverhaal. (klein mandjie = Moses; katoen, wol, klippe = altaar; veelkleurige materiaal = Josef se jas, ens.) Gesels oor die verhaal.
Vind iets wat rooi is (blom, stuk materiaal, kleurkryt, ens.)
Vind ‘n plastiekeier (of ander tipe houer), maak dit oop en deel met ‘n ander Besige Bewer. (Jy kan druiwe, rosyntjies, lekkers, of enigiets wat jy wil daarin sit.)