Speelgoed

     Hardware-Printer-Floppy-icon-small

Speelgoed Skyfie  Kategorie: Kunsvlyt

Vereistes:

  1. Wat is jou gunsteling speelgoed?
  2. Teken of kleur ‘n prent in van jou gunsteling speelding.
  3. Hoekom is dit beter om een of twee speelgoed op ‘n slag uit te haal en dit dan weer te bêre?
  4. Tel jou speelgoed op vir een week.
  5. Deel ‘n speelding met:
    1. ‘n Maatjie
    2. Jou broer of suster, met blymoedigheid
  6. Sing ‘n lied oor deel en oefen om te deel terwyl jy dit sing.
  7. Gee ‘n speelding vir iemand wat nie een het nie.
    OF
    Versamel speelgoed en skenk dit vir liefdadigheid.
  8. Vertel vir jou onderwyser of ouer wat jy sal sê in ‘n “Dankie” briefie aan iemand wat vir jou ‘n speelding gegee het.
  9. Maak ‘n wenslys deur prente te teken of uit te knip en te plak van vier verskillende speelgoed wat jy graag vir Kersfees of jou verjaardag wil hê.

 

Idee vir #8:

Onderwyser: Skryf hulle woorde op papier en laat hulle dit versier of die papier om die woorde inkleur. Gee dit dan vir daardie persoon indien toepaslik.

 Back