Voëls

     Hardware-Printer-Floppy-icon-small

Voels Skyfie  Kategorie: Natuur

Vereistes:

  1. Noem vyf voëls wat jy rondom jou huis sien.
  2. Noem jou land se nasionale voël.
  3. Noem drie soorte voëlkos. (Sonneblomsaad, koring, mielies, gemengde saad)
  4. Maak ‘n dennebol voëlvoerder en hang dit in jou tuin. Vertel hoeveel voëls daarvan kom eet.
  5. Teken ‘n prent van ‘n voël en gebruik dan ‘n mengsel voëlsaad om dit in te vul.
  6. Noem twee voëls wat in die Bybel genoem word. (Arend, duif, mossie, kraai)
  7. Ken twee voëlgeluide en gee voor om daardie voël te wees.

 

Instruksies vir # 4

Maak ‘n dennebol vol grondboontjiebotter en rol dit dan in voëlsaad. Maak ‘n tou aan die dennebol vas en bind dit aan ‘n boomtak of op die stoep. Dit is ‘n bietjie morsig, maar soveel pret!

 Back