Vorms en Groottes

     Hardware-Printer-Floppy-icon-small

Vorms & Groottes Skyfie  Kategorie: Kunsvlyt

Vereistes:

  1. Maak ‘n plakboek om werk in te plak. Teken verskillende groottes vorms op die buiteblad.
  2. Ken en knip ses verskillende vorms uit. Plak dit in jou plakboek. (Vierkant, sirkel, reghoek, ovaal, driehoek en diamant)
  3. Maak ‘n prent met verskillende vorms (jy kan vorms uit tekenpapier knip.) Plak dit in jou plakboek.
  4. Stap rond en kyk vir verskillende vorms. Is daar enige vorm wat jy meer dikwels sien as ander?
  5. Groottes – Onderskei tussen klein en groot; lank en kort; eerste, middel en laaste.
  6. Deur gebruik te maak van blokke of ander voorwerpe, speel ‘n speletjie waarin jy verskillende groottes gebruik. Vra vrae soos: Watter een is groot, groter as, grootste, klein, kleiner as, kleinste, ens.
  7. Teken, kleur in, of verf ‘n prent van verskillende groottes voorwerpe en sê watter is klein, medium en groot.

Back