ID | Kategorie | Kategorie_Image | Honneur_Naam | Honneur_Image | Vlak | Jaar | Itemnommer | Oorsprong | Vereistes | Hulpbronne |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
2 | ADRA | 571.jpg | Gemeenskapassessering | embleem_you7500.png | Vlak 1 | 2005 | YOU7500 | Wêreldkonferensie | 1. Kies ‘n gemeenskap of stedelike gebied wat jy ken en gee soveel van die volgende inligting as wat jy kan: die ligging op ‘n kaart, ekonomiese omstandighede, demografiese beskrywing van inwoners (ouderdom, geslag, mees algemene beroepe, ens.), toegang tot gesondheidsdienste, misdaadsyfer, en opvoeding. 2. Lys die grootste behoeftes wat jy kan bespeur in jou gemeenskap. Dit kan dinge insluit soos beter ondersteuning vir lae-inkomste families, bystand vir eensame of bejaarde mense, en beter opruiming van openbare plekke, ens. 3. Gaan luister na ‘n leier in die gemeenskap, onderwyser, kerkleraar, of polisiebeampte praat oor maniere waarop enigiemand ‘n positiewe impak in die gemeenskap kan maak. Onthou om notas te neem. 4. Lewer op jou eie wyse aan jou Baanbrekersklub verslag omtrent jou bevindinge en gee weer wat jy spesifiek geleer het omtrent die gemeenskap wat jy gekies het. Wees kreatief. 5. Beskryf die belangrikste verbeterings wat jou gemeenskap nodig het en wat jy kan doen om dit te help bewerkstellig. | |
3 | ADRA | 571.jpg | Gemeenskapsdiens | embleem_you7510.png | Vlak 1 | 2005 | YOU7510 | Wêreldkonferensie | 1. Lees die volgende Bybeltekste en verduidelik wat jy dink God van ons verwag om te doen om die armes en lydendes te help in ons gemeenskap: a. Jesaja 58:3-12 b. Lukas 10:25-37 c. Matteus 25:31-46 2. Verduidelik aan jou instrukteur 1) waarvoor die letters “ADRA” staan en die verskil tussen “ontwikkeling” en “verligting”; en praat oor 2) ‘n plaaslike organisasie wat die armes en agtergeblewenes in jou gemeenskap bedien en watter dienste dit verskaf. 3. Reël ‘n afspraak met ‘n gemeenskapsleier in jou gebied en vind uit oor projekte wat jou Baanbrekersgroep kan aanpak om te help om in behoeftes in jou gemeenskap te voorsien. 4. Beplan, organiseer en voltooi ‘n gemeenskapsdiensprojek saam met jou Baanbrekersgroep of klas. Hierdie projek behoort op ‘n spesifieke behoefte in jou gemeenskap gerig te wees. Die totale tyd van die beplanning tot voltooiing van hierdie projek behoort ongeveer tien ure te wees. | |
4 | ADRA | 571.jpg | Gemeenskapsontwikkeling | embleem_you7505.png | Vlak 1 | 2009 | YOU7505 | Wêreldkonferensie | 1. Definieer gemeenskapsontwikkeling. 2. Verduidelik aan jou instrukteur waarom sommige lande beskou word as “ontwikkelend” terwyl daar na ander verwys word as “ontwikkeld”. 3. Noem vyf ontwikkelende lande en lys drie dinge wat ADRA doen in hierdie lande wat beskou kan word as “ontwikkeling” en twee dinge wat sou val onder “verligting”. 4. Lees oor hoekom daar arm mense onder ons is in die boek Die Koning van die Eeue geskryf deur Ellen G White (Hoofstuk 70, “Die Geringstes van Hierdie Broeders van My”). Vertel van wat jy geleer het aan jou instrukteur. 5. Vertel van ten minste een behoefte in jou gemeenskap wat aandag kort. 6. Skryf ‘n kort gemeenskapsontwikkelingsplan wat jou Baanbrekersgroep kan implementeer (om bome te plant, parke of erwe skoon te maak, openbare mure te verf, ens.). Die plan behoort die aktiwiteit, grootte van die groep, vervoerreëlings, en materiale te bevat. 7. Bestee ten minste vier ure met een van die volgende velduitstappies as ‘n deelnemende waarnemer: a. Neem deel aan ‘n groep wat die haweloses in jou gemeenskap help. b. Neem deel aan ‘n werkspan wat behuising vir armes regmaak of bou. c. Werk in ‘n kosverspreidingsentrum, sopkombuis, of skuiling vir haweloses in jou gemeenskap. | |
5 | ADRA | 571.jpg | Hongerverligting | embleem_you7525.png | Vlak 1 | 2005 | YOU7525 | Wêreldkonferensie | 1. Soek ‘n nuusberig wat handel oor hongersnood in die wêreld en bespreek met jou Baanbrekersgroep watter stappe geneem word om hongersnood te beveg in die gebied wat in jou berig ter sprake is. 2. Gesels met ‘n persoon wat kosverspreiding in jou gebied organiseer, byvoorbeeld ‘n kerk, gemeenskapsentrum, sopkombuis, ens. Vind uit omtrent die mense wat hulle bedien, wat sommige van die oorsake van kosbehoeftigheid in die gemeenskap is, en hoe hulle in daardie behoeftes voorsien. Deel jou bevindinge met jou instrukteur. 3. Beskryf die oorsake van hongersnood in jou land. Jy kan dit doen deur ‘n kort opstel te skryf, ‘n aanbieding of skets te doen, of deur ‘n een-minuut video te maak. Bied dit aan by jou skool, burgerlike groep, Baanbrekersklub, of by die kerk. 4. Maak kositems vir die plaaslike gemeenskap se kosbank of kosverspreidingsentrum bymekaar, of as dit nie ‘n moontlik is nie, kies ‘n gesin wat hulp nodig het en neem die items vir hulle. 5. Besoek ‘n kosbank, kosverspreidingsentrum, of sopkombuis en bied aan om die personeel te help. Dit kan gedoen word saam met jou Baanbrekersgroep. Praat met die personeel om uit te vind hoe die kos bymekaar gemaak word en wat sommige van die uitdagings is om kos te kry om te versprei. | |
7 | ADRA | 571.jpg | Rampreaksie | embleem_you7520.png | Vlak 1 | 2005 | YOU7520 | Wêreldkonferensie | 1. Beskryf die onderliggende oorsake van elk van hierdie rampscenario’s en gee ‘n voorbeeld van ten minste ses wat onlangs gebeur het en die impak daarvan op ‘n gemeenskap of land. Dui ten minste een aan waarop ADRA gereageer het. a. Orkaan/Tifoon/Sikloon b. Tornado c. Vloed d. Aardbewing e. Tsunami f. Brand g. Oorlog/Burgerlike konflik 2. Beskryf kortliks die tipe dienste wat verskaf word aan die oorlewendes van rampe in jou land deur ADRA, die regering, of plaaslike nooddienste. 3. Lees ‘n koerant- of ADRA nuusberig (besoek www.adra.org) wat handel oor ‘n onlangse ramp en bespreek sommige van die belangrike dinge om in gedagte te hou wanneer daar op ‘n ramp of noodgeval gereageer word. 4. Verduidelik waarvoor die letters “ADRA” staan en watter letter verteenwoordig ADRA se rol as ‘n reageerder op rampe. 5. Beskryf ten minste een van hierdie rampreaksie-organisasies en hoe hulle saam met ADRA kan werk tydens ‘n noodgeval a. Rooikruis b. Adventiste Gemeenskapsdienste (ACS) in die VSA c. Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR) d. Wêreld-kosprogram (WFP) 6. Verduidelik die rol van die regering wanneer ‘n ramp plaasvind en identifiseer die sleutelregeringsorganisasie in jou land wat verantwoordelik is vir noodreaksies. |
DB Editor
ID
Kategorie
Kategorie_Image
Honneur_Naam
Honneur_Image