Verkiesing van Federasie Offisiere
(Bygevoeg op 1 Februarie 2016)
Die verkiesing van die Federasie offisiere vir die nuwe termyn sal op Sondag 14 Februarie 2016 om 14:30 by die kantore van die Noordelike Konferensie plaasvind. Ons nooi al die Afrikaanse Baanbreker- en Voorslaggieleiers en personeel in die Noordelike Konferensie om deel te neem aan hierdie verkiesing.
Hartbeespoort Oorlewingskamp 7-10 Augustus 2015
(Bygevoeg op 21 Julie 2015)
GPS koördinate: 25°47’48.0″S 27°32’07.0″E
Kontak: Jaco – jjgreyling@icloud.com of Maruschka – hartiesleefgesond@gmail.com
Basiese Personeel Opleidingskursus – Program
(Bygevoeg op 9 Junie 2015)
Die BPO-kursus is so te sê hier! Hier is die program en aanwysings na Leeuwspoor. GPS koördinate: 25° 55’ 30.00”S 27° 16’ 33.93”E
Ons vra dat alle kursusgangers wat al uniforms het, dit asb. Sabbat sal aantrek. Onthou asb om julle eie beddegoed saam te bring! Alle etes word voorsien. Bring gerus julle klub- en kamporeespeldjies saam sodat ons kan “pin trading” doen.
Sien julle daar!
Basiese Personeel Opleidingskursus – Mentor Ons Jeug
(Bygevoeg op 11 Maart 2015)
Die eerste BPO-kursus vir Afrikaanse klubs sal vanaf 12 – 14 Junie 2015 plaasvind by Leeuwspoor Wildreservaat naby Rustenburg. Ons wil alle Baanbreker- en Voorslaggiedirekteure, Adjunkdirekteure, Raadgewers en Hoofrigters in opleiding aanmoedig om hierdie kursus by te woon. Dit sal van onskatbare waarde wees vir u bediening.
SAU Baanbrekerkamporee 2015 (Nuwe datum)
(Bygevoeg op 30 Desember 2014)
Die 2015 SAU Baanbrekerkamporee sal vanaf 5 – 11 April 2015 plaasvind by Vulindlela Bush Camp in Dundee. Bespreek nou al en spaar.
Konsultasiesessie Terugvoer
(Bygevoeg op 17 November 2014)
Die leiersvergadering wat op 2 November 2014 gehou was, was ‘n groot sukses en belangrike besluite is geneem vir die bevordering van ons Afrikaanse Baanbreker- en Voorslaggieklubs.
Konsultasiesessie – 02/11/2014
Die Noordelike Konferensie het ‘n behoefte onder ons Afrikaanssprekende gemeentes
geïdentifiseer om ‘n bygewerkte Afrikaanse Baanbrekerkurrikulum daar te stel wat die
hedendaagse kind meer effektief sal stimuleer. Verder is daar ook ‘n behoefte aan opleiding
in Afrikaans vir die Baanbreker- en Voorslaggieleiers sowel as ‘n moontlike verandering aan
die uniforms.
Ons wil dus alle Baanbreker- en Voorslaggie-direkteure in ons Afrikaanssprekende gemeentes
nooi om ‘n konsultasiesessie by te woon om sodoende die insae van alle belanghebbendes
hierin te verkry.