Speel speletjies – aktief of op papier – om die Bybelverhale te geniet en te onthou.
Antwoorde:
Die Bybel II Toekenning is ’n vereiste van die Helper klaswerk. Dit kan aangebied word in die Voorslaggieklub of in die kerkskool- of
Sabbatskoolklas.
Die twee hoofdele van die Bybel is die Ou Testament en die Nuwe
Testament. Die boeke wat bekend staan as die evangelies is Matteus, Markus, Lukas en Johannes.
Gebruik liedjies, speletjies, vilt, ens om hierdie te onderrig.
Moedig kreatiwiteit aan. Lei die Voorslaggies om die les wat elke verhaal leer, te verstaan.
Maak seker dat jou kinders praktiese ervaring kry in die gebruik van hul Bybels, maar gebruik ook Bybelverhaalboeke, video’s en CD’s om hierdie verhale op ’n interessante manier te onderrig.
Help die kinders om die betekenis van elke gedeelte te verstaan en hoe dit op hulle lewens van toepassing kan wees.
Bybel speletjieboeke, Bybel inkleurboeke en viltstelle is beskikbaar by Christelike boekwinkels.