Waarde van oefening, vars lug en sonskyn

Hardware-Printer-Floppy-icon-small

Leer die waarde van oefening, vars lug en sonskyn. Bespreek die volgende vrae:
  • a. Noem twee redes hoekom liggaamlike fiksheid belangrik is?
  • b. Wat is die verhouding tussen `n goeie dieet, oefening en gewigsbeheer?
  • c. Wat is die voordele van vars lug en sonskyn?
(a & b vervul vereiste #7 van die Christelike Versorging en Maniere Honneur)

a en b

Oefening help jou organe om behoorlik te funksioneer en dit verhoed blokkasies en swak sirkulasie. ‘n Gesonde dieet is ook belangrik om gewig te beheer. Oormatige gewig veroorsaak siektes.

Die aantal kalorieë wat jy inneem behoort gemiddeld gelyk te wees aan die aantal kalorieë wat jy verbrand. Kalorieë kom die liggaam binne deur die dinge wat ons eet en drink – met ander woorde, uit ons dieet. Kalorieë word verbrand deur fisiese aktiwiteit. Hoe meer aktief jy fisies is, hoe meer kalorieë sal jy verbrand.

As jy meer kalorieë inneem as wat jy verbrand, sal jy gewig optel. As jy meer kalorieë verbrand as wat jy inneem, sal jy gewig verloor. As jou kalorie inname gelyk is aan jou verbruik, sal jy jou huidige gewig handhaaf. Dit sal geld ongeag wat jou gewig is. Daar is geen perke tot die gewig wat ‘n mens kan bereik nie (tensy die oortollige gewig jou dood veroorsaak, soos wat dikwels gebeur).

c

Die meerderheid van Suid-Afrikaners bestee 90 persent van hul tyd binnenshuis en binnenshuise lug is twee keer so besoedel as buitelug. Deur net 15 minute ‘n dag buite te spandeer, sal jy jou stresvlak laat daal, jou gedagtes skoonmaak en ‘n meer positiewe houding hê.

Elke stelsel in ons liggame is afhanklik van suurstof, en vars lug is die maklikste manier om dit te kry. ‘n Sinvolle hoeveelheid blootstelling aan sonlig speel ook ‘n belangrike rol in die voeding en verkwikking van die menslike liggaam.

Werklike gesondheidsvoordele van vars lug en sonskyn sluit in:

  • Versterk die immuunstelsel
  • Verlaag cholesterolvlakke
  • Verhoog metabolisme
  • Verbeter bloeddruk
  • Verbeter bloedsuikervlakke
  • Help met gewigsverlies
  • Verbeter kardiovaskulêre gesondheid
  • Verbeter lewerfunksie
  • Verbeter nierfunksie
  • Verbeter spysvertering
  • Sterker skelet (geraamte)
  • Verminder stres en angs
  • Beveg depressie
  • Stel endorfiene vry
  • Verbeter veltoon en tekstuur
  • Help om slaap te verbeter

Back